Die plaas is 4 km buite Steytlerville en bestaan uit 15 kampe, elkeen met sy eie water. Daar is 6 boorgate op die plaas en 5 damme. Een dam, die Conradie dam is groot en is gebou om grond erosie te voorkom. Die boorgate is ten volle toegerus. Die boorgate bestaan uit kragkop en sonpompe. Die water word in JOJO tenke gepomp wat in ou sement damme staan. Daar is twee fonteine en loop nog steeds in die droogte. Die drade is in 'n redelike tot goeie toestand. Dit is 'n tipiese kleinvee plaas met baie wild soos kudus, springbokke en ook 'n paar rooi bokke op. Die plaas het 'n 3 slaapkamer woonhuis met sit / eetkamer, oop plan kombuis en 2 badkamers. Daar is 'n dubbel motorhuis en skeerstoor. Daar is enkelfase krag by die opstal en dit is die enigste kragpunt op die plaas. Geen werkershuise nie. Die drakrag beloop 18 hektaar per GVE (Grootvee eenheid) en dit kom uit op 3 - 3 1/2 hektaar per KVE (kleinvee eenheid) Die veld bestaan uit gemengde karoo rante met baie spekboom en gwarrie boom. Daar is 3 stelle kleinvee krale op die plaas. Daar is geen servetute op die plaas nie.
Sign-up and receive Property Email Alerts of Farms for sale in Steytlerville, Steytlerville.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home and Hectare website is accurate and up to date, Home and Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.